SIMONSTAD-OMGEWING: WANNEER MEER MENSE NA PIKKEWYNE OP DIE STRAND KYK AS NA SWEMKLERE, EN WAAR DIE LEGENDE VAN DIE VLIEËNDE HOLLANDER ‘N KAAPSE DRAAI MAAK

So kry ons word dat die Suid-Afrikaanse familielid en haar Amerikaner Kaapstad toe kom vir ‘n paar dae, en of ons dalk die pad sal aanpak Kaapstad toe uit die metropool van Bathurst om hulle te ontmoet en so bietjie te kuier. So gevra en so gedaan. In Kaapstad gekom het hulle reeds Tafelberg en die …

MONUMENTE VIR HELDE  EN VIR FRITZ DIE WAGHOND

Aan die buitewyke van Port Alfred op die R67 na Bathurst is die Port Alfred Aerodrome wat ook die tuiste van 43 Lugskool is. Wat aanvanklik in 1940 as ‘n opleidingseenheid vir die Suid Afrikaanse Lugmag en die Royal Air Force begin het om lugwaarnemers op te lei vir ontplooiing tydens die Tweede Wêreldoorlog, is …

DASSIEDEUR-TREINTONNEL – N VERRASSING IN DIE HEUWELS VAN DIE UITGESTREKTE OOS-KAAP KAROOLANDSKAP

Charl de Klerk- 17 April 2023 Die uitgestrekte Oos-Kaap bly maar eenmaal ‘n landstreek om sleepvoet, rustig, en met lekkerkry te ontdek. Hiervoor benodig die toeris, reisiger of avonturiër, genoeg tyd om alles te sien, te waardeer, en te ervaar. Met soveel pragtige Karoolandskappe, ongerepte kusgebiede en strande, nasionale- en provinsiale parke, privaat natuurreservate, bergreekse, …

‘N HUTSPOT VAN KULTURE

Wanneer die drenteltoer of die Engelse roadtrip tussen Oos Londen en Port Elizabeth te lank begin raak, is daar ‘n hutspot van kultuur en geskiedenis so in die middel van die twee stede – Port Alfred.

PORT ALFRED SE GROOT VISRIVIER LIGTORING

‘n Katspoeg noord buite Port Alfred, naby die monding van die Visrivier, staan die Groot Visrivier ligtoring. ‘n Historiese en skilderagtige landmerk wat sedert 1898 seevaarders beskerm teen die verraderlike oos-kus van Suid Afrika.
Hoewel goedkeuring vir die bou van die ligtoring reeds in 1890 deur die Kaapse Koloniale Regering gegee is, is dit eers op 1 Julie 1898, na baie vertragings, in gebruik geneem. Die kusgebied rondom Port Alfred is deur die eeue berug vir die verraderlike riwwe en sandbanke en die talle skeepswrakke is stille getuienis van die behoefte vir die ligtoring.