DIE GRAHAMSTAD TOPOSKOOP: ‘N FLITSBEELD NA DIE VERLEDE EN VERGETE WÊRELDREKORDS

Op ‘n heuwel net so ‘n amperse katspoegie buite Grahamstad (Makhanda) staan die Grahamstad toposkoop. ‘n Amperse miskyk gedenkwaardigheid, was dit nie vir twee wêreldrekords wat daar opgestel is nie. Op 23 Mei 1931 het die Seiners van die “First City Regiment” van Grahamstad, die voorloper van die huidige Hoofman Makhanda Regiment, die wêreldrekord opgestel …

WITSAND IN DIE KALAHARI: WAAR DIE STILTE VERBREEK WORD DEUR DIE GEBRUL VAN SAND

Wanneer Augustus aanbreek en almal in Gauteng skielik blomme wil gaan kyk in Namakwaland en jy so bietjie opsien teen die N14 wat vir ewig en so ‘n halwe dag aanhou tot jy Springbok bereik, stop vir ‘n slag by Witsand. Nee, nie die een by die see nie, maar die Witsand Kalahari Natuur Reservaat. …

GEURE, KLEURE EN VERKEERSKNOPE IN DIE MIDDEL VAN DIE HEELAL

Dit is nie aldag dat verkeersknope in Bathurst, daardie dorpie wat deur sy inwoners gereken word as die middelpunt van die heelal te wees, voor kom nie. Veral nie oor naweke nie.  Maar rondom die naweek van 9 en 10 Augustus, wanneer die winter so amper wil groet tot volgende jaar, maar die lente wil …

OMKEERHALTES OP ‘N SPOORTRAJAK IN DIE HART VAN DIE OOS-KAAPSE HOOGLANDE EN BALJAAR PLEK VIR DIE ADRENALIEN AVONTURIER

Toe Nou Diep in die hart van die Oos-Kaapse Drakensberg, geleë in die spreekwoordelike grammadoelas, vind jy die vrugbare landboustreek, Wartrail en New England. My gewaarwording van hierdie streek herinner my onwilllekeuring aan die Skotse Hooglande en die Switserse Alpe. Dit is bloot omdat dié streek sò afgeleë, ongerep en betowerend is. Gevul met unieke …

JOUBERTSPAS – POORT NA “HEMEL OP AARDE”

Vir die meeste van ons is ‘n rit op ‘n bergpas soms ‘n skrikwekkende ervaring wat by tye vele uitdagings inhou. Dit hou ook groot risikos in, veral as jy nie behoorlike navorsing oor die rit na jou bestemming gedoen het nie, of boonop nie oor die nodige bestuursvaardighede beskik nie. Sò ‘n rit kan …

OM ‘N 2-STROKE TE DRINK, ‘N 6-PONDER TE HOOR EN DIE YSTERSMID SE VUUR TE RUIK

Wanneer die geur van vars gebroude koffie en die gehamer van ’n ystersmid jou vroegoggend by die hekke van die Bathurst-landboumuseum verwelkom, dan weet jy, jy en die familie is betyds vir die Bathurst-plaasfees wat elke jaar hier rondom  27 April aangebied word. Begin maar met ’n goeie koppie koffie, want John en Natsaha Yasbek …

MONUMENTE VIR HELDE  EN VIR FRITZ DIE WAGHOND

Aan die buitewyke van Port Alfred op die R67 na Bathurst is die Port Alfred Aerodrome wat ook die tuiste van 43 Lugskool is. Wat aanvanklik in 1940 as ‘n opleidingseenheid vir die Suid Afrikaanse Lugmag en die Royal Air Force begin het om lugwaarnemers op te lei vir ontplooiing tydens die Tweede Wêreldoorlog, is …