DIE AMAZWI SUID-AFRIKAANSE MUSEUM VIR LETTERKUNDE: ‘N SKATKIS VIR ‘N UNIEKE ERFENIS

So op die rand van Grahamstad ( Makhanda) weg van die bedrywighede van die hoofdorp, staan ‘n unieke museum wat jy gerus tydens jou sloertoer in die Oos-Kaap kan besoek as die son, see en visvang amper te veel vir jou en die gesin begin raak. Die moderne gebou van Amazwi (wat stemme in isiZulu …

WAAR DIAMANTE DIE STERRE ONTMOET HET: GRAHAMSTAD SE STERREWAGMUSEUM

Dit mag dalk vir die toevallige toeris lyk of die Makhanda munisipaliteit hard poog om die eens pragtige stad so ontoeganklik moontlik vir toeriste te maak, maar daar is steeds talle juwele wat danksy verskeie ander rolspelers toeganklik vir toeriste is en wat die stad en streek se belangrike bydraes tot Suid-Afrika se geskiedenis beklemtoon …

 “EK BOER MET BOME”

Emosies oorweldig hom nog elke dag omdat hy dit steeds nie kan glo dat hy as ‘n jong “township boy” dit kon regkry om sy lewensdroom uit te leef nie– niks anders as om met bome te boer nie. Wanneer die 40-jarge Siyabulea “Siya” Sokomani elke oggend wakker word, soms met trane in sy oë, …

ISTRIË EN PULA: ‘N SLOERTOER DEUR TYD

Ek het die voorreg gehad om wyd te reis en talle bestemmings te verken, maar min bestemmings het my verbeelding so geboei soos Pula en die omliggende Istriese skiereiland in Kroasië. Hierdie streek, ‘n mengsel van antieke geskiedenis, asemrowende natuurskoon en ‘n lewendige kultuur, bied ‘n ervaring aan reisigers wat bietjie dieper krap as die …

ZAGREB: ‘N ONDERSKATTE HOOFSTAD

Kroasië se boeiende hoofstad, Zagreb, speel dikwels tweede viool naas sy sonnige kuslyn, maar hierdie lewendige binnelandse stad bied ‘n boeiende mengsel van geskiedenis, kultuur en kontemporêre styl. Twee dae in Zagreb bied genoeg tyd om sy veelsydige persoonlikheid te ontdek, van Middeleeuse sjarme tot moderne kuns. Begin jou Zagreb-avontuur in die historiese Bo-Stad (Gornji …

KROASIË SE ONBLUSBARE GEES: ‘N MODERNE ONAFHANKLIKE LAND MET SY WORTELS STEWIG IN DIE VERRE VERLEDE

Kroasië, ‘n land met ‘n prentjies-mooie Adriatiese kuslyn (al 7 300km daarvan) en ‘n ryk kulturele erfenis, spog met ‘n geskiedenis net so ingewikkeld en lewendig soos sy beroemde kantwerk wat in soveel plekke te sien is. Die unieke geskiedkundige trajek om vandag ‘n onafhanklike staat,  asook lid van die Europese Unie te wees, word  gekenmerk …

‘N VINNIGE HEEN EN WEER NA DIE KLOWERS DIEP IN DIE SWARTBERGE

Suid-Arika word dikwels na verwys as “n Wêreld in Een Land”. Hoe dan anders. Ons land is immers geseënd met van die mooiste natuurskoon denkbaar, beskik oor ‘n ryk natuurlewe, het ‘n verskeidenheid van unieke plantsoorte en eksotiese biosfere wat net wag om verken en ervaar te word. Heelwat van hierdie natuurskoon is soms net …

‘N EEU-OUE MENSLIKE SKEDEL, VREEMDE VLIEȄNDE VOORWERPE, MONUMENTE, ‘N UNIEKE FORT, ALLES PLATTELANDSE JUWELE EN NOG VELE MEER

Landskap net buite Middelburg op die R398 onderweg na Richmond Om padlangs te reis kan soms bra vervelig en uitputtend wees. ‘n Klein bietjie waagmoed kan die rit in ‘n aangename en interessante avontuur omskep. Maak werk daarvan en trek die stoute skoene aan en gaan verken die onbekende. Beplan jou reis op so ‘n …

PADVAT NAMIBIȄ TOE EN TERUG

Ek kies koers Namibië toe. My eindbestemming – Windhoek, vir ‘n kort familie kuier. Die opgewondenheid om hierdie uitgestrekte land met sy verstommende en anderste natuurskoon, asook vriendelike mense vir die soveelste keer te besoek, is oorweldigend. Met my verblyf ‘n aantal jaar gelede, het ek elke denkbare geleentheid benut om die land van hoek …