Om ‘n drentelstappie kuslangs aan te durf bly ‘n verfrissende ondervinding, wat ook soms vele verrassings inhou. Veral wanneer jy dit die minste verwag. Onlangs het sò ‘n verrassing aan die Oos-Kaapse kus afgespeel toe duisende eienaardige blouerige jellievisse op strande uitgespoel het. Daar is berig dat honderde jellievisse oral aan die Oos-Kaapse kus uitgespoel het.
‘n Sterk oostewind wat aan die Oos-Kaapse kus voorgekom het skynbaar aanleiding daartoe gegee dat ‘n onbekende getal jellievisse aan die kus uitgespoel het. Nuusnetwerke het in April2024 berig dat groot aantalle “Catostylus” (“blue-blubber”)-jellievisse middel Februarie oral op stande langs die Oos-Kaapse kus uitgespoel het. Die jellievisse is geïdentifiseer as die Eupilema inexpectata (root-mouthed)-jellievis en kom algemeen in Australiese seewaters voor. Die vis is se koepel is tussen 10cm en 35cm breed en deurskynend blou tot bruin van kleur.
‘n Rare verskynsel soos dié kan net ervaar word sou jy dalk toevallig daardie dag op die strand langs die bepaalde kuslyn ‘n drentelstappie onderneem het. Maar wie weet, dalk wag daar ‘n andersoortige verrassing op jou. Soos ‘n dosyn of twee dolfyne wat in die golwe voor jou baljaar, of ‘n walvis wat al stertswaaiend baljaar. Wie weet. Op die regte tyd op die regte plek, en siedaar, nog ‘n aangename verrassing wag op jou.



Die fotos hier bo van die bloukleurige jellievisse, beter beken as die BLUE BLUBBER JELLYFISH, is tussen rotspoele by Claytons tussen Kleinemonde Oos-strand en die Visrivier-ligtoring, geneem. Om meer oor hierdie besonderse jellievis-spesie te lees, besoek gerus Two Oceans Aquarium in Kaapstad se webblad – https://www.aquarium.co.za.