WITSAND IN DIE KALAHARI: WAAR DIE STILTE VERBREEK WORD DEUR DIE GEBRUL VAN SAND

Wanneer Augustus aanbreek en almal in Gauteng skielik blomme wil gaan kyk in Namakwaland en jy so bietjie opsien teen die N14 wat vir ewig en so ‘n halwe dag aanhou tot jy Springbok bereik, stop vir ‘n slag by Witsand. Nee, nie die een by die see nie, maar die Witsand Kalahari Natuur Reservaat. …

GEURE, KLEURE EN VERKEERSKNOPE IN DIE MIDDEL VAN DIE HEELAL

Dit is nie aldag dat verkeersknope in Bathurst, daardie dorpie wat deur sy inwoners gereken word as die middelpunt van die heelal te wees, voor kom nie. Veral nie oor naweke nie.  Maar rondom die naweek van 9 en 10 Augustus, wanneer die winter so amper wil groet tot volgende jaar, maar die lente wil …

‘N STUKKIE MOERDIJK OP ‘N KOPPIE ALLEEN

Op 4 Maart 1890 is Gerard Leendert Pieter Moerdijk op die plaas Zwaershoek in die Nylstroom-distrik in vandag se Limpopo Provinsie gebore. ‘n Man wat later jare groot en belangrike spore sou los in die argitektuur van Suid-Afrika.  Sy nalatenskap sluit meer as 80 kerke, monumente en hospitale in. Een van sy onbekendste werke staan …

DIE WILDER MELKPLAASPAD VAN ALEXANDRIA

Wanneer jou toerwa se enjin goed opgewarm is na die Melkplaasroete wat Charl so treffend beskryf het ( https://www.gopse.co.za/2024/03/21/kuspad-deur-melkplase/ ), en jy het by die Lunchbox op Alexandria gestop vir ‘n koue koeldrank en tuisgemaakte pastei is jy gereed om jou toerwa se neus in die rigting van Port Elizabeth te druk op die R72. …

OM ‘N 2-STROKE TE DRINK, ‘N 6-PONDER TE HOOR EN DIE YSTERSMID SE VUUR TE RUIK

Wanneer die geur van vars gebroude koffie en die gehamer van ’n ystersmid jou vroegoggend by die hekke van die Bathurst-landboumuseum verwelkom, dan weet jy, jy en die familie is betyds vir die Bathurst-plaasfees wat elke jaar hier rondom  27 April aangebied word. Begin maar met ’n goeie koppie koffie, want John en Natsaha Yasbek …

ALBANIE-MUSEUM: WANNEER WêRELDKLAS GELEENTHEDE VERVAAG AS GEVOLG VAN GEEN BELANGSTELLING

Dit wil voorkom of daar in Suid Afrika drie soorte museums is. Dié wat deur die Staat onderhou word en darem af en toe geld kry. Dié wat deur entoesiaste begin en in stand gehou word soos Bathurst se landboumuseum, en dan die wat deur die munisipaliteit of plaaslike regering in stand gehou word. Makhanda …

AS DIE VERLANGE NA ‘N PLATTELANDSE SKOU TE VEEL RAAK

Daar gebeur altyd iets in Bathurst. As dit nie ‘n boekefees is nie, dan is dit Kersfees in Julie, of ‘n toer verby al die historiese plekke in Bathurst. Bathurst is aan die gang. Maar hier in die omgewing van Menseregtedag bars Bathurst uit sy nate, want dit is die tyd wat Bathurst opsy sit …