ISTRIË EN PULA: ‘N SLOERTOER DEUR TYD

Ek het die voorreg gehad om wyd te reis en talle bestemmings te verken, maar min bestemmings het my verbeelding so geboei soos Pula en die omliggende Istriese skiereiland in Kroasië. Hierdie streek, ‘n mengsel van antieke geskiedenis, asemrowende natuurskoon en ‘n lewendige kultuur, bied ‘n ervaring aan reisigers wat bietjie dieper krap as die …

ZAGREB: ‘N ONDERSKATTE HOOFSTAD

Kroasië se boeiende hoofstad, Zagreb, speel dikwels tweede viool naas sy sonnige kuslyn, maar hierdie lewendige binnelandse stad bied ‘n boeiende mengsel van geskiedenis, kultuur en kontemporêre styl. Twee dae in Zagreb bied genoeg tyd om sy veelsydige persoonlikheid te ontdek, van Middeleeuse sjarme tot moderne kuns. Begin jou Zagreb-avontuur in die historiese Bo-Stad (Gornji …

KROASIË SE ONBLUSBARE GEES: ‘N MODERNE ONAFHANKLIKE LAND MET SY WORTELS STEWIG IN DIE VERRE VERLEDE

Kroasië, ‘n land met ‘n prentjies-mooie Adriatiese kuslyn (al 7 300km daarvan) en ‘n ryk kulturele erfenis, spog met ‘n geskiedenis net so ingewikkeld en lewendig soos sy beroemde kantwerk wat in soveel plekke te sien is. Die unieke geskiedkundige trajek om vandag ‘n onafhanklike staat,  asook lid van die Europese Unie te wees, word  gekenmerk …

AS 360 MILJOEN JAAR SE GESKIEDENIS DEUR PADWERKE OOPGESKRAAP WORD

Net so buite die sentrale deel van Bathurst in die Oos-Kaap staan ‘n beskeie klipgebou wat deur die Britse soldate tydens die oorloë in dié geweste in die 1800s gebruik is om ammunisie en wapens te stoor. Eweneens word die verhaal van hierdie klippe wat gebruik is in die ewe-nederige Devoonse museum in Grahamstad (nou …

DIE GRAHAMSTAD TOPOSKOOP: ‘N FLITSBEELD NA DIE VERLEDE EN VERGETE WÊRELDREKORDS

Op ‘n heuwel net so ‘n amperse katspoegie buite Grahamstad (Makhanda) staan die Grahamstad toposkoop. ‘n Amperse miskyk gedenkwaardigheid, was dit nie vir twee wêreldrekords wat daar opgestel is nie. Op 23 Mei 1931 het die Seiners van die “First City Regiment” van Grahamstad, die voorloper van die huidige Hoofman Makhanda Regiment, die wêreldrekord opgestel …

DIE DONKIE IS STEEDS ‘N WONDERLIKE EN DANKBARE DING OOM CHRIS.

As jy en jou toerwa toevallig die grondpad vanaf Bathurst na Kleinemonde in die Oos-Kaap tref tydens jou sloertoer gaan jy verby twee werkwaardige plekke ry. Die een is die St Stephen’s Metodiste kerk (https://maps.app.goo.gl/z494sHxA4uUcZV9D7) , wat ‘n stop werd is, maar ook in die omgewing van die kerkie gaan jy die tuiste van “Blind …

DIE ADDO SE ROOIDAM. DIE HAPOOR-DAM SONDER DIE COWBOYS EN HULLE TROKKIES

As daar nou een plek in Suid-Afrika is waar mens met sekerheid kan sê jy olifante gaan sien, is dit die Addo-olifantpark in die Oos-Kaap. As jy in die park nie ‘n olifant sien nie dan moet jy nog in die parkeerterrein van die hoofkamp staan met jou toerwa. Addo is in 1931 gestig is …

PRAAG SE AMPER-VERSTEEKTE BESIENSWAARDIGHEDE

Elke jaar besoek miljoene mense (7.44 miljoen in 2024 volgens bronne) Praag, die hoofstad van die Tsjeggiese Republiek. Soveel toeriste besoek Praag dat daar al gepraat word van massa-toerisme en dat die regering moet begin ingryp soos wat in Spanje en Italië gebeur. En as jy op die bekende pleine van Praag wil rondloop verstaan …

OM DIE GROOTVOETE TE ROEP

Binne minute nadat sy aanbieding begin, maak Franco Schoeman dit tong in die kies duidelik, hy is ‘n musikant wat ‘n “wannabe” natuurbewaarder is. Wat hy nie dadelik byvoeg nie, is dat sy musiekstudies met infraklank nie net vir hom ‘n M Mus by WITS verwerf het nie, maar dat die eindproduk van sy nuuskierigheid …