JOUBERTSPAS – POORT NA “HEMEL OP AARDE”

Vir die meeste van ons is ‘n rit op ‘n bergpas soms ‘n skrikwekkende ervaring wat by tye vele uitdagings inhou. Dit hou ook groot risikos in, veral as jy nie behoorlike navorsing oor die rit na jou bestemming gedoen het nie, of boonop nie oor die nodige bestuursvaardighede beskik nie. Sò ‘n rit kan …

‘N STUKKIE MOERDIJK OP ‘N KOPPIE ALLEEN

Op 4 Maart 1890 is Gerard Leendert Pieter Moerdijk op die plaas Zwaershoek in die Nylstroom-distrik in vandag se Limpopo Provinsie gebore. ‘n Man wat later jare groot en belangrike spore sou los in die argitektuur van Suid-Afrika.  Sy nalatenskap sluit meer as 80 kerke, monumente en hospitale in. Een van sy onbekendste werke staan …

DIE WILDER MELKPLAASPAD VAN ALEXANDRIA

Wanneer jou toerwa se enjin goed opgewarm is na die Melkplaasroete wat Charl so treffend beskryf het ( https://www.gopse.co.za/2024/03/21/kuspad-deur-melkplase/ ), en jy het by die Lunchbox op Alexandria gestop vir ‘n koue koeldrank en tuisgemaakte pastei is jy gereed om jou toerwa se neus in die rigting van Port Elizabeth te druk op die R72. …

JUWELE IN DIE OOS-KAAPSE HOOGLANDE: RHODES, NAUDESNEKPAS EN BARKLYPAS

Die aanjaag van ‘n trop skape is ‘n algemene gesig op paaie in die Oos-Kaapse Hooglande.Wees geduldig, versigtig en heelaas vriendelik met die werkers wat met groot sorg na boere in die gebied se skape omsien. Die bergkoninkryk van Lesotho is alom bekend vir sy indrukwekkende Malutibergreeks en word deur menige avonturiërs en reisigers in …

‘N VERGETE TREINSTASIE EN ERVARINGSVOLLE GRONDPAD

Die bekoring en nostalgie om per trein deur ons land met sy wegslaan natuurskoon te toer, bly nou maar eenmaal ‘n belewenis en ervaring om van te droom. Dit is dan ook nie vreemd dat vele sangers hierdie ritte en veral ritte deur die Karoo, sò hartstogtelik besing nie. Die klanke van n trein wat …

OM ‘N 2-STROKE TE DRINK, ‘N 6-PONDER TE HOOR EN DIE YSTERSMID SE VUUR TE RUIK

Wanneer die geur van vars gebroude koffie en die gehamer van ’n ystersmid jou vroegoggend by die hekke van die Bathurst-landboumuseum verwelkom, dan weet jy, jy en die familie is betyds vir die Bathurst-plaasfees wat elke jaar hier rondom  27 April aangebied word. Begin maar met ’n goeie koppie koffie, want John en Natsaha Yasbek …

AS DIE VERLANGE NA ‘N PLATTELANDSE SKOU TE VEEL RAAK

Daar gebeur altyd iets in Bathurst. As dit nie ‘n boekefees is nie, dan is dit Kersfees in Julie, of ‘n toer verby al die historiese plekke in Bathurst. Bathurst is aan die gang. Maar hier in die omgewing van Menseregtedag bars Bathurst uit sy nate, want dit is die tyd wat Bathurst opsy sit …