WANNEER DIE OOS-KAAP SE OGGENSTOND SOOS HEUNING RUIK: ’N REIS NA DIE HART VAN DIE OOS-KAAPSE HEUNINGBOS

Die wat weet sê as jy op die hoogtes van die Tsitsikammaberge staan, net wanneer die oggendmis begin lig, kan jy dit ruik voordat jy dit sien. Dit is ’n geur wat nie by die skerp seelug van die Indiese Oseaan hoort nie, en ook nie die klam, aardse aroma van die woude daar naby …

DIE St. JOHN EVANGELIST ANGLIKAANSE KERK, ANKER VAN HOOP EN GELOOF IN DIE WINTERBERG

My Albanie Karmino toer neem my na interessante bestemmings diep in die Winterbergreeks waar ek vergange forte uit die tydperk van die Oos-Kaapse grensoorloë en natuurreservate besoek. Dié toer het ‘n interessante kinkel met ‘n onbeplande 4X4 rit oor die skilderagtige Katbergpas en die De Waalskloofpas in die omgewing van die Katberg- en Amathole-berge. Ek …

DIE 1820 SKOTSE SETLAAR GEDENKKERK

Die Albanie Karmino toerpad kronkel langs die Baviaansrivier, diep in die Baviaansriviervallei-bewaringsgebied. Na sowat 30 kilometer noord van Bedford, op die grondpad na Tarkastad, verwelkom die Thomas Pringle Gedenkkerk of amptelik bekend as die 1820 Skotse Setlaar Gedenkkerk, die reisiger met ‘n gevoel van hartlikheid, en ‘n salige rustigheid. Hierdie is nie sommer net ‘n …

GLEN LYNDEN – KERK, WAAR TAAL, KULTUUR EN GELOOF IN ‘N GEMEENSKAP VAN GELOWIGES ONTVOU HET

Die Albanie Karmino werp ‘n blik op kerke wat tot stand gekom het, met die aankoms van die Britse Setlaars in 1820 na die Oos-Kaap. Wat die Glen Lynden-kerk aanbetref, het ‘n brandende begeerte onder inwoners van ‘n afgeleë boerderygemeenskap, bestaande uit ‘n mengsel van verskillende kulture, gelowe en taal, die weg gebaan om ‘n …

GESKIEDENIS WAT TASBAAR IS: ‘N REIS DEUR DIE BATHURST LANDBOUMUSEUM

Daar is talle plekke in Suid-Afrika waar die geskiedenis sy stories aan die wat wil luister sal vertel. In sommige plekke word dit aan die groot klok gehang en in ander plekke is dit dalk meer subtiel. Die eerste gedagte as jy die terrein van die Bathurst landboumuseum ingaan is dat hierdie museum so effens …

DIE BATHURST-MEENTGROND: ‘N GEDEELDE LANDSKAP VAN GESKIEDENIS, EKOLOGIE EN LEWENSONDERHOUD

Wanneer jy die laaste hek van die Bathurst meentgrond (commonage in Engels) agter jou toetrek gaan jy onwillekeuring die Jopie Adam temalied “Neem my saam” so onderlangs neurie terwyl jy jou toerwa se neus in die rigting druk van die Pig and Whistle in Bathurst om keel te gaan natmaak en ‘n ou ietsie te …

DIE ALBANIE-KARMINO. ‘N ANDERSE OOS-KAAPSE REIS-ERVARING

Die internasionaal gewilde pelgrimsroetes, beter bekend as die “Caminos”, bied jaarliks aan derduisende pelgrims van regoor die wêreld ‘n unieke, geestelike en verrykende ervaring gevul met indrukke van sprokies mooi natuurskoon, bepeinsing oor die lewe en die meelewendheid van die mensdom. Maar het jy geweet? ‘n Google soektog het openbaar dat meer as 281 van …

TOE UITENHAGE TE VÊR WAS VIR DOOP EN NAGMAAL: NEDERDUITS GEREFORMEERDE KERK ALEXANDRIA

Die gedeelte wat vandag bekendstaan as Alexandria was eers Olifantshoek gewees en het veral swaar tye beleef gedurende die eerste helfte van die 19de eeu weens die Kaapse Grensoorloë van 1811, 1819, 1834 en later. Olifantshoek was destyds deel gewees van die Uitenhage gemeente, as tweede oudste gemeente in die Oostelike Provinsie. Graaff- Reinet is …

SALEM SE METODISTE KERK. WAAR DIE GESKIEDENIS NIE VERGEET WORD NIE

Effens uit die pad uit die pad op die R343, en sowat 32km vanaf Kenton-on-Sea, of  as alternatief wanneer jy op die N2 is, 26km op die R343 vanaf Grahamstad (Makhanda) kom jy sonder vooraf waarskuwing op Salem af. Tussen die golwende heuwels van die Oos-Kaap, omring deur talle Groot-5 wildsplase, sien jy eers die …

KARIEGA BAPTISTE KERK. ‘N VOORBEELD VAN DEURSETTINGSVERMOË

Barcelona het sy Sagrada Familia waaraan hulle vanaf 1852 al bou en hopelik, miskien, dalk, teen 2026 sal voltooi. In Suid Afrika so tussen Port Alfred en Grahamstad (Makhanda) met ‘n uitdraai vanaf die Southwell pad staan die Kariega Baptiste Kerk wat ook onthou word vir die 18 jaar wat dit geneem het om die …