JOUBERTSPAS – POORT NA “HEMEL OP AARDE”

Vir die meeste van ons is ‘n rit op ‘n bergpas soms ‘n skrikwekkende ervaring wat by tye vele uitdagings inhou. Dit hou ook groot risikos in, veral as jy nie behoorlike navorsing oor die rit na jou bestemming gedoen het nie, of boonop nie oor die nodige bestuursvaardighede beskik nie. Sò ‘n rit kan …

OM ‘N 2-STROKE TE DRINK, ‘N 6-PONDER TE HOOR EN DIE YSTERSMID SE VUUR TE RUIK

Wanneer die geur van vars gebroude koffie en die gehamer van ’n ystersmid jou vroegoggend by die hekke van die Bathurst-landboumuseum verwelkom, dan weet jy, jy en die familie is betyds vir die Bathurst-plaasfees wat elke jaar hier rondom  27 April aangebied word. Begin maar met ’n goeie koppie koffie, want John en Natsaha Yasbek …

MONUMENTE VIR HELDE  EN VIR FRITZ DIE WAGHOND

Aan die buitewyke van Port Alfred op die R67 na Bathurst is die Port Alfred Aerodrome wat ook die tuiste van 43 Lugskool is. Wat aanvanklik in 1940 as ‘n opleidingseenheid vir die Suid Afrikaanse Lugmag en die Royal Air Force begin het om lugwaarnemers op te lei vir ontplooiing tydens die Tweede Wêreldoorlog, is …

‘N HUTSPOT VAN KULTURE

Wanneer die drenteltoer of die Engelse roadtrip tussen Oos Londen en Port Elizabeth te lank begin raak, is daar ‘n hutspot van kultuur en geskiedenis so in die middel van die twee stede – Port Alfred.

PORT ALFRED SE GROOT VISRIVIER LIGTORING

‘n Katspoeg noord buite Port Alfred, naby die monding van die Visrivier, staan die Groot Visrivier ligtoring. ‘n Historiese en skilderagtige landmerk wat sedert 1898 seevaarders beskerm teen die verraderlike oos-kus van Suid Afrika.
Hoewel goedkeuring vir die bou van die ligtoring reeds in 1890 deur die Kaapse Koloniale Regering gegee is, is dit eers op 1 Julie 1898, na baie vertragings, in gebruik geneem. Die kusgebied rondom Port Alfred is deur die eeue berug vir die verraderlike riwwe en sandbanke en die talle skeepswrakke is stille getuienis van die behoefte vir die ligtoring.