DIE AMAZWI SUID-AFRIKAANSE MUSEUM VIR LETTERKUNDE: ‘N SKATKIS VIR ‘N UNIEKE ERFENIS

So op die rand van Grahamstad ( Makhanda) weg van die bedrywighede van die hoofdorp, staan ‘n unieke museum wat jy gerus tydens jou sloertoer in die Oos-Kaap kan besoek as die son, see en visvang amper te veel vir jou en die gesin begin raak. Die moderne gebou van Amazwi (wat stemme in isiZulu …

WAAR DIAMANTE DIE STERRE ONTMOET HET: GRAHAMSTAD SE STERREWAGMUSEUM

Dit mag dalk vir die toevallige toeris lyk of die Makhanda munisipaliteit hard poog om die eens pragtige stad so ontoeganklik moontlik vir toeriste te maak, maar daar is steeds talle juwele wat danksy verskeie ander rolspelers toeganklik vir toeriste is en wat die stad en streek se belangrike bydraes tot Suid-Afrika se geskiedenis beklemtoon …

AS 360 MILJOEN JAAR SE GESKIEDENIS DEUR PADWERKE OOPGESKRAAP WORD

Net so buite die sentrale deel van Bathurst in die Oos-Kaap staan ‘n beskeie klipgebou wat deur die Britse soldate tydens die oorloë in dié geweste in die 1800s gebruik is om ammunisie en wapens te stoor. Eweneens word die verhaal van hierdie klippe wat gebruik is in die ewe-nederige Devoonse museum in Grahamstad (nou …

DIE GRAHAMSTAD TOPOSKOOP: ‘N FLITSBEELD NA DIE VERLEDE EN VERGETE WÊRELDREKORDS

Op ‘n heuwel net so ‘n amperse katspoegie buite Grahamstad (Makhanda) staan die Grahamstad toposkoop. ‘n Amperse miskyk gedenkwaardigheid, was dit nie vir twee wêreldrekords wat daar opgestel is nie. Op 23 Mei 1931 het die Seiners van die “First City Regiment” van Grahamstad, die voorloper van die huidige Hoofman Makhanda Regiment, die wêreldrekord opgestel …

WITSAND IN DIE KALAHARI: WAAR DIE STILTE VERBREEK WORD DEUR DIE GEBRUL VAN SAND

Wanneer Augustus aanbreek en almal in Gauteng skielik blomme wil gaan kyk in Namakwaland en jy so bietjie opsien teen die N14 wat vir ewig en so ‘n halwe dag aanhou tot jy Springbok bereik, stop vir ‘n slag by Witsand. Nee, nie die een by die see nie, maar die Witsand Kalahari Natuur Reservaat. …

GEURE, KLEURE EN VERKEERSKNOPE IN DIE MIDDEL VAN DIE HEELAL

Dit is nie aldag dat verkeersknope in Bathurst, daardie dorpie wat deur sy inwoners gereken word as die middelpunt van die heelal te wees, voor kom nie. Veral nie oor naweke nie.  Maar rondom die naweek van 9 en 10 Augustus, wanneer die winter so amper wil groet tot volgende jaar, maar die lente wil …

OMKEERHALTES OP ‘N SPOORTRAJAK IN DIE HART VAN DIE OOS-KAAPSE HOOGLANDE EN BALJAAR PLEK VIR DIE ADRENALIEN AVONTURIER

Toe Nou Diep in die hart van die Oos-Kaapse Drakensberg, geleë in die spreekwoordelike grammadoelas, vind jy die vrugbare landboustreek, Wartrail en New England. My gewaarwording van hierdie streek herinner my onwilllekeuring aan die Skotse Hooglande en die Switserse Alpe. Dit is bloot omdat dié streek sò afgeleë, ongerep en betowerend is. Gevul met unieke …

JOUBERTSPAS – POORT NA “HEMEL OP AARDE”

Vir die meeste van ons is ‘n rit op ‘n bergpas soms ‘n skrikwekkende ervaring wat by tye vele uitdagings inhou. Dit hou ook groot risikos in, veral as jy nie behoorlike navorsing oor die rit na jou bestemming gedoen het nie, of boonop nie oor die nodige bestuursvaardighede beskik nie. Sò ‘n rit kan …

OM ‘N 2-STROKE TE DRINK, ‘N 6-PONDER TE HOOR EN DIE YSTERSMID SE VUUR TE RUIK

Wanneer die geur van vars gebroude koffie en die gehamer van ’n ystersmid jou vroegoggend by die hekke van die Bathurst-landboumuseum verwelkom, dan weet jy, jy en die familie is betyds vir die Bathurst-plaasfees wat elke jaar hier rondom  27 April aangebied word. Begin maar met ’n goeie koppie koffie, want John en Natsaha Yasbek …