‘N ROETE VOL GESKIEDENIS, FORTE, MONUMENTE, BERGPASSE EN AVONTURE TOT IN DIE GRAMMADOELAS

RONDRITS KOORS Die rondrits koors het my onlangs beetgepak toe ek instinktief besluit het om ‘n vinnige wegbreek uitstappie na die skone lower groenblou berge van die Oos-Kaapse aan te pak.  My roete het nogal baie interessante en geskiedkundige monumente asook pragtige natuureservate opgelewer. Dié daglange rit het nietemin ook interessante oomblikke opgelewer. Een daarvan …

GEURE, KLEURE EN VERKEERSKNOPE IN DIE MIDDEL VAN DIE HEELAL

Dit is nie aldag dat verkeersknope in Bathurst, daardie dorpie wat deur sy inwoners gereken word as die middelpunt van die heelal te wees, voor kom nie. Veral nie oor naweke nie.  Maar rondom die naweek van 9 en 10 Augustus, wanneer die winter so amper wil groet tot volgende jaar, maar die lente wil …

‘N STUKKIE MOERDIJK OP ‘N KOPPIE ALLEEN

Op 4 Maart 1890 is Gerard Leendert Pieter Moerdijk op die plaas Zwaershoek in die Nylstroom-distrik in vandag se Limpopo Provinsie gebore. ‘n Man wat later jare groot en belangrike spore sou los in die argitektuur van Suid-Afrika.  Sy nalatenskap sluit meer as 80 kerke, monumente en hospitale in. Een van sy onbekendste werke staan …

DIE WILDER MELKPLAASPAD VAN ALEXANDRIA

Wanneer jou toerwa se enjin goed opgewarm is na die Melkplaasroete wat Charl so treffend beskryf het ( https://www.gopse.co.za/2024/03/21/kuspad-deur-melkplase/ ), en jy het by die Lunchbox op Alexandria gestop vir ‘n koue koeldrank en tuisgemaakte pastei is jy gereed om jou toerwa se neus in die rigting van Port Elizabeth te druk op die R72. …

OM ‘N 2-STROKE TE DRINK, ‘N 6-PONDER TE HOOR EN DIE YSTERSMID SE VUUR TE RUIK

Wanneer die geur van vars gebroude koffie en die gehamer van ’n ystersmid jou vroegoggend by die hekke van die Bathurst-landboumuseum verwelkom, dan weet jy, jy en die familie is betyds vir die Bathurst-plaasfees wat elke jaar hier rondom  27 April aangebied word. Begin maar met ’n goeie koppie koffie, want John en Natsaha Yasbek …

AS DIE VERLANGE NA ‘N PLATTELANDSE SKOU TE VEEL RAAK

Daar gebeur altyd iets in Bathurst. As dit nie ‘n boekefees is nie, dan is dit Kersfees in Julie, of ‘n toer verby al die historiese plekke in Bathurst. Bathurst is aan die gang. Maar hier in die omgewing van Menseregtedag bars Bathurst uit sy nate, want dit is die tyd wat Bathurst opsy sit …

MONUMENTE VIR HELDE  EN VIR FRITZ DIE WAGHOND

Aan die buitewyke van Port Alfred op die R67 na Bathurst is die Port Alfred Aerodrome wat ook die tuiste van 43 Lugskool is. Wat aanvanklik in 1940 as ‘n opleidingseenheid vir die Suid Afrikaanse Lugmag en die Royal Air Force begin het om lugwaarnemers op te lei vir ontplooiing tydens die Tweede Wêreldoorlog, is …

‘N HUTSPOT VAN KULTURE

Wanneer die drenteltoer of die Engelse roadtrip tussen Oos Londen en Port Elizabeth te lank begin raak, is daar ‘n hutspot van kultuur en geskiedenis so in die middel van die twee stede – Port Alfred.