DIE ALBANIE-KARMINO. ‘N ANDERSE OOS-KAAPSE REIS-ERVARING

Die internasionaal gewilde pelgrimsroetes, beter bekend as die “Caminos”, bied jaarliks aan derduisende pelgrims van regoor die wêreld ‘n unieke, geestelike en verrykende ervaring gevul met indrukke van sprokies mooi natuurskoon, bepeinsing oor die lewe en die meelewendheid van die mensdom. Maar het jy geweet? ‘n Google soektog het openbaar dat meer as 281 van hierdie  baie gewilde staproetes in sowat 29 lande voorkom. Die totale afstand van hierdie roetes word op meer as 82881km geskat. Hiervan is 49 roetes alleen in Spanje wat oor ‘n afstand van 15996km strek en Portugal met roetes wat oor ‘n afstand van meer as 2896km strek.  Daar kan straks baie meer van hierdie staproetes wees waarvan ons nie bewus is nie, omdat dit ‘n konsep is wat voortdurend in gewildheid toeneem. Kliek gerus op die volgende skakel vir ‘n paar interessante feite oor van die gewildste Caminos : https://artsandculture.google.com> story>15 things-y… (of Google Arts & Culure)

 In ons eie land, Suid-Afrika, is daar ‘n aantal Camino staproetes, elk met sy unieke bekoring en uitdaging.  Die gewildheid van hierdie staproetes neem jaarliks toe. Om meer oor van hierdie roetes te lees,kliek gerus op die volgende skakel. https://dirtyboots.co.za .

Hier in die Oos-Kaap is daar ook ‘n aantal interessante roetes. Nader aan die huis, en meer spesifiek langs die pragtige Sonskynkus, is die unieke “Albanie-Karmino”.  Hierdie anderste roete met die ikoniese naam “Karmino” (omdat jy jou motor gebruik om te toer), is ‘n gesins-geleentheid in die Oos-Kaap van Suid-Afrika waar historiese kerke, wat hoofsaaklik uit die Setlaarstydperk na 1820 dateer, besoek word. Omdat die afstande so vêr uitmekaar is, en mense hoofsaaklik as gesinne  in die Port Alfred omgewing kom vakansie hou, kan hulle die roete oor een dag, twee dae of selfs ‘n week met hulle motors doen om die interessante kerke te besoek en so bietjie meer te leer oor die streek en die geskiedenis van hierdie juweel van ‘n provinsie in Suid Afrika.

Die kerke wat gekies is, is gekies op grond van hulle geskiedenis, hulle argitektuur en die rol wat hulle gespeel het hier in die grensgebied van die destydse Kaap Kolonie. Daar is heelwat kerke wat nie meer op die lys is nie omdat hulle vandag vir ander doeleindes gebruik word en óf nie meer toeganklik is nie.

Vir dié Karmino word die dele gedek tussen Alexandria en Port Alfred, wat Salem en Southwell insluit, Shaw Park, Bathurst en tot so skuins voor Grahamstad (nou Makhanda). Hoewel die meeste kerke nie in die week oop is nie, sal ons waar moontlik ‘n kontakpersoon bysit as julle die binnekant ook wil besoek.

Gopse en Grammadoela Avonture het al die kerke wat beskryf word self besoek.

Ons het skakels na Google Maps ingesluit om die roete makliker en die soek minder te maak.

Die Karmino is nie ‘n jaagtog of ‘n weergawe van die “amazing race” nie. Dit is ‘n drenteltoer wat jy op jou eie tyd kan doen en in enige volgorde ook. Dit bied jou ook die geleentheid om ander eetplekke en kuierplekke te ervaar in die omgewing wat nie deel van die kitskosfamilie is nie. So gebruik julle tyd, stop by ‘n slaghuis of ‘n padstal, kry ‘n lekker koelteboom langs die pad en geniet die Karmino.

Miskien ook net ‘n wenk of twee. Wanneer jy besluit om van hierdie kerke te besoek, sorg asseblief dat jy gemaklike stapskoene en beskermde kleredrag aan het. Die terreine waar die kerke geleë is, is dikwels ongelyk, oortrek met hoë gras en soms ook vol gate. ‘n Stapstok, soos dié wat jy tydens ‘n ware Camino staptog  sou aanpak, of ‘n kierie, sal help dat jy met gemak oor die ongelyke terrein kan beweeg.

DIE KARMINO-KERKE EN DIE SKAKELS NA DIE KERKE TOE

Lees hier verder oor ons besoeke aan die kerke en so ‘n bietjie geskiedenis van elke kerk.

Cuylerville se St Mary’s Anglikaanse Kerk: ‘N SKUILPLEK TYDENS OORLOG: CUYLERVILLE SE ST MARY’S – GOPSE

Makhanda se Coombs Metodiste Kerk: DIE HISTORIESE COOMBS METODISTE KERK: ‘N PILAAR VAN GELOOF IN DIE ALBANY-GRENSGEBIED – GOPSE

Bathurst se Rokeby Park Metodiste Kerk: https://www.gopse.co.za/2026/01/06/n-stil-toevlugsoord-die-rokeby-park-metodiste-kerk-naby-bathurst/

Bathurst se St Stephen’s Kerk: https://www.gopse.co.za/2026/01/06/st-stephens-kerk-n-versterkte-baken-van-geloof-en-geskiedenis/

Port Alfred se St Paul’s Anglikaanse Kerk: ‘N GEESTELIKE TOEVLUGSOORD BY DIE KOWIE: ONTWERP DEUR EEN VAN DIE EERSTE VROULIKE ARGITEKTE IN SUID AFRIKA – GOPSE

Bathurst se St John’s Anglikaanse Kerk: https://www.gopse.co.za/2026/01/06/n-historiese-juweel-in-die-hart-van-bathurst-ontdek-die-st-johns-anglikaanse-kerk-in-bathurst-oos-kaap/

Bathurst sê Metodiste Kerk: https://www.gopse.co.za/2026/01/06/n-reis-deur-tyd-die-historiese-metodiste-kerk-in-bathurst/

Kariega se Baptiste kerk: https://www.gopse.co.za/2026/01/06/kariega-baptiste-kerk-n-voorbeeld-van-deursettingsvermoe/

Kenton-on-Sea se Salem Metodiste Kerk: https://www.gopse.co.za/2026/01/06/salem-se-metodiste-kerk-waar-die-geskiedenis-nie-vergeet-word-nie/ Alexandria NG Kerk https://www.gopse.co.za/2026/01/06/toe-uitenhage-te-ver-was-vir-doop-en-nagmaal-nederduits-gereformeerde-kerk-alexandria/

One Comment

  1. Dankie Louis, dit is nou werklik nie net ‘n interresante storie nie maar ook ‘n praktiese gids van “juweeltjies” in ons pragtige land. Moet asseblief nie ophou met hierdie blad nie. Wederom