SALEM SE METODISTE KERK. WAAR DIE GESKIEDENIS NIE VERGEET WORD NIE

Effens uit die pad uit die pad op die R343, en sowat 32km vanaf Kenton-on-Sea, of  as alternatief wanneer jy op die N2 is, 26km op die R343 vanaf Grahamstad (Makhanda) kom jy sonder vooraf waarskuwing op Salem af. Tussen die golwende heuwels van die Oos-Kaap, omring deur talle Groot-5 wildsplase, sien jy eers die krieketveld en dan oorkant die krieketveld die toring en wit mure van die Metodistekerk.

Soos ‘n baken steek dit teen die koppie uit. Stop. Gaan rek bene daar en loop deur die kerkie. Verkyk jou aan die loodglaswerk wat hulde bring aan al die soldate wat in die twee Wêreldoorloë dood is.

Die eerste kerkie uit modder is reeds in 1824 deur die Britse Setlaars in gebruik geneem en in 1832 is  die modderkerkie met ‘n beter struktuur vervang. Die kerkie staan steeds langs die huidige kerk en is ook oop vir besoekers. Dis is tewens ook die oudste Metodiste-kerk in Suid Afrika.

Die 1832 kerkie is veral tydens die Grensoorloë gebruik as skuiling vir die vroue en kinders.

In 1850 is die nuwe kerk in die neo-gotiese boustyl gebou en word dit baie goed instand gehou. Die houtdeur is nie gesluit nie en hierdie is een van die min kerke wat oop is. Binne is daar verskeie gedenkplate opgesit wat van die belangrikste mense in die kerkie se geskiedenis huldig. Die treffendste is die loodglaswerk wat later aangebring is, en hulde bring aan alle gevalle soldate van die twee Wêreldoorloë.

As jy dan nou klaar deur die kerkie gestap het, maak gerus ‘n draai deur die begraafplaas want dis is waar die geskiedenis van die swaarkry deur die Britse Setlaars ook vertel word op ‘n ander manier.

Werd om te weet:

Adres: Vanaf die R72 regoor die Kenton-on-Sea indraai, is die R343 wat na Salem lei. As jy van Port Elizabeth (Gqeberha) na Grhamastad (Makhanda) onderweg is, is die afdraai van die R343 sowat 10km voor Makhanda op die N2. Hier is Google se aanwysings: https://maps.app.goo.gl/71s2hexYyRwhVwdf6

Die pad is in ‘n goeie toestand en die omgewing is van die beste natuurskoon wat die Oos-Kaap het. Maak die roete deel van jou sloertoer.

Toegang: Gratis. Beide die geboue is oop deur die dag.

Meer oor Salem.

https://www.grahamstown.co.za/page/salem

https://www.artefacts.co.za/main/Buildings/towndetframes.php?townid=66https://www.artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes.php?bldgid=8483