SÃO PAULO: VAN ‘N NEDERIGE GEHUGGIE TOT ’N MODERNE WÊRELDSTAD

‘n Tyd gelede kom ek op ‘n baie interessante artikel in ‘n Turkse dagblad af. Die artikel handel oor ‘n uitstalling in Istanbul wat die eeu oue reiservarings van die toentertydse Ottomanreisigers uitbeeld. Wat my met die lees van die artikel getref het, was die benadering wat hulle volg deur die gebruik van die konsep …

‘N REISAVONTUUR DEUR SUID-AMERIKA – AKA TANGO EN SAMBA

Vasgenael sit ek voor die rekenaar. Met rollende uitpeul-oë verken ek angstig ‘n wavrag reiswebblaaie, soekend na ‘n interessante reisavontuur. Nie dat toer nou juis op my reis horison was nie, En dan, karklaps, net daar, vang my oog die regte een – “Tango deur Suid-Amerika Maart 2026”.  Met ‘n onblusbare aptyt om die anderste, …

WELLINGTON – HARTKLOP VAN DIE BOLAND

‘n Potpourrie van kleur en geure uit die kraakvars vrugbare landbougrond, soet reuk van druiwe, vrugteboorde en veldblomme, spoel uit alle windrigtings en begroet die besoeker in die hoofstad van die Boland, Wellington. Diè sprokiesmooi dorp, geseënd met ‘n ryk Franse Hugenote en Kaap-Hollandse karakter en kultuur, is skaars ‘n honderd kilometer vanaf Kaapstad geleë. …

DIE BATHURST-MEENTGROND: ‘N GEDEELDE LANDSKAP VAN GESKIEDENIS, EKOLOGIE EN LEWENSONDERHOUD

Wanneer jy die laaste hek van die Bathurst meentgrond (commonage in Engels) agter jou toetrek gaan jy onwillekeuring die Jopie Adam temalied “Neem my saam” so onderlangs neurie terwyl jy jou toerwa se neus in die rigting druk van die Pig and Whistle in Bathurst om keel te gaan natmaak en ‘n ou ietsie te …

DIE ALBANIE-KARMINO. ‘N ANDERSE OOS-KAAPSE REIS-ERVARING

Die internasionaal gewilde pelgrimsroetes, beter bekend as die “Caminos”, bied jaarliks aan derduisende pelgrims van regoor die wêreld ‘n unieke, geestelike en verrykende ervaring gevul met indrukke van sprokies mooi natuurskoon, bepeinsing oor die lewe en die meelewendheid van die mensdom. Maar het jy geweet? ‘n Google soektog het openbaar dat meer as 281 van …

TOE UITENHAGE TE VÊR WAS VIR DOOP EN NAGMAAL: NEDERDUITS GEREFORMEERDE KERK ALEXANDRIA

Die gedeelte wat vandag bekendstaan as Alexandria was eers Olifantshoek gewees en het veral swaar tye beleef gedurende die eerste helfte van die 19de eeu weens die Kaapse Grensoorloë van 1811, 1819, 1834 en later. Olifantshoek was destyds deel gewees van die Uitenhage gemeente, as tweede oudste gemeente in die Oostelike Provinsie. Graaff- Reinet is …

SALEM SE METODISTE KERK. WAAR DIE GESKIEDENIS NIE VERGEET WORD NIE

Effens uit die pad uit die pad op die R343, en sowat 32km vanaf Kenton-on-Sea, of  as alternatief wanneer jy op die N2 is, 26km op die R343 vanaf Grahamstad (Makhanda) kom jy sonder vooraf waarskuwing op Salem af. Tussen die golwende heuwels van die Oos-Kaap, omring deur talle Groot-5 wildsplase, sien jy eers die …

KARIEGA BAPTISTE KERK. ‘N VOORBEELD VAN DEURSETTINGSVERMOË

Barcelona het sy Sagrada Familia waaraan hulle vanaf 1852 al bou en hopelik, miskien, dalk, teen 2026 sal voltooi. In Suid Afrika so tussen Port Alfred en Grahamstad (Makhanda) met ‘n uitdraai vanaf die Southwell pad staan die Kariega Baptiste Kerk wat ook onthou word vir die 18 jaar wat dit geneem het om die …

 ‘N REIS DEUR TYD: DIE HISTORIESE METODISTE KERK IN BATHURST

‘n Paar treë weg van die historiese hart van Bathurst, ‘n dorpie deurdrenk van die 1820-setlaargeskiedenis in die Oos-Kaap, staan ​​’n nederige maar diepgaande landmerk: die Metodiste Kerk. Meer as net ‘n plek van aanbidding, is hierdie gebou ‘n lewende oorblyfsel, ‘n stille getuie van die uitdagings en triomf van die vroeë koloniale lewe, en …

’N HISTORIESE JUWEEL IN DIE HART VAN BATHURST ONTDEK DIE ST JOHN’S ANGLIKAANSE KERK IN BATHURST, OOS-KAAP

In die platteland van die Oos-Kaap, staan ​​die St John’s Anglikaanse Kerk as ’n bewys van die ryk tapisserie van Suid-Afrika se kerklike erfenis. Geleë in Bathurst, ’n klein maar histories belangrike dorpie, is hierdie kerk ’n moet-besoek vir enigiemand wat ’n mengsel van geestelike rustigheid en historiese intrige soek. Die St John’s Anglikaanse Kerk …