OMKEERHALTES OP ‘N SPOORTRAJAK IN DIE HART VAN DIE OOS-KAAPSE HOOGLANDE EN BALJAAR PLEK VIR DIE ADRENALIEN AVONTURIER

Toe Nou Diep in die hart van die Oos-Kaapse Drakensberg, geleë in die spreekwoordelike grammadoelas, vind jy die vrugbare landboustreek, Wartrail en New England. My gewaarwording van hierdie streek herinner my onwilllekeuring aan die Skotse Hooglande en die Switserse Alpe. Dit is bloot omdat dié streek sò afgeleë, ongerep en betowerend is. Gevul met unieke …

JOUBERTSPAS – POORT NA “HEMEL OP AARDE”

Vir die meeste van ons is ‘n rit op ‘n bergpas soms ‘n skrikwekkende ervaring wat by tye vele uitdagings inhou. Dit hou ook groot risikos in, veral as jy nie behoorlike navorsing oor die rit na jou bestemming gedoen het nie, of boonop nie oor die nodige bestuursvaardighede beskik nie. Sò ‘n rit kan …

‘N STUKKIE MOERDIJK OP ‘N KOPPIE ALLEEN

Op 4 Maart 1890 is Gerard Leendert Pieter Moerdijk op die plaas Zwaershoek in die Nylstroom-distrik in vandag se Limpopo Provinsie gebore. ‘n Man wat later jare groot en belangrike spore sou los in die argitektuur van Suid-Afrika.  Sy nalatenskap sluit meer as 80 kerke, monumente en hospitale in. Een van sy onbekendste werke staan …

DIE WILDER MELKPLAASPAD VAN ALEXANDRIA

Wanneer jou toerwa se enjin goed opgewarm is na die Melkplaasroete wat Charl so treffend beskryf het ( https://www.gopse.co.za/2024/03/21/kuspad-deur-melkplase/ ), en jy het by die Lunchbox op Alexandria gestop vir ‘n koue koeldrank en tuisgemaakte pastei is jy gereed om jou toerwa se neus in die rigting van Port Elizabeth te druk op die R72. …

JUWELE IN DIE OOS-KAAPSE HOOGLANDE: RHODES, NAUDESNEKPAS EN BARKLYPAS

Die aanjaag van ‘n trop skape is ‘n algemene gesig op paaie in die Oos-Kaapse Hooglande.Wees geduldig, versigtig en heelaas vriendelik met die werkers wat met groot sorg na boere in die gebied se skape omsien. Die bergkoninkryk van Lesotho is alom bekend vir sy indrukwekkende Malutibergreeks en word deur menige avonturiërs en reisigers in …

‘N VERGETE TREINSTASIE EN ERVARINGSVOLLE GRONDPAD

Die bekoring en nostalgie om per trein deur ons land met sy wegslaan natuurskoon te toer, bly nou maar eenmaal ‘n belewenis en ervaring om van te droom. Dit is dan ook nie vreemd dat vele sangers hierdie ritte en veral ritte deur die Karoo, sò hartstogtelik besing nie. Die klanke van n trein wat …

Boland toe oor berge, passe en poorte

‘n Vinnige heen en weer reis na die pragtige Bolandse dorp Wellington, het my opnuut weer met blywende indrukke gelaat, en ou herinneringe teruggebring. Op die koop toe, is ‘n aantal nuwe ontdekkings ook gemaak.             Die doel van hierdie  blits besoek was om uitvoering te gee aan “Operasie Olielek”. ’n Lastige  olielek het meegebring …

ALBANIE-MUSEUM: WANNEER WêRELDKLAS GELEENTHEDE VERVAAG AS GEVOLG VAN GEEN BELANGSTELLING

Dit wil voorkom of daar in Suid Afrika drie soorte museums is. Dié wat deur die Staat onderhou word en darem af en toe geld kry. Dié wat deur entoesiaste begin en in stand gehou word soos Bathurst se landboumuseum, en dan die wat deur die munisipaliteit of plaaslike regering in stand gehou word. Makhanda …

STRANDVERRASSINGS

Om ‘n drentelstappie kuslangs aan te durf bly ‘n verfrissende ondervinding, wat ook soms vele verrassings inhou. Veral wanneer jy dit die minste verwag. Onlangs het sò ‘n verrassing aan die Oos-Kaapse kus afgespeel toe duisende eienaardige blouerige jellievisse op strande uitgespoel het. Daar is berig dat honderde  jellievisse oral aan die Oos-Kaapse kus uitgespoel het. ‘n …