WAAR DIE HARTKLOP VAN ‘N KONTINENT BEWAAR WORD: DIE INTERNASIONALE BIBLIOTEEK VAN AFRIKA-MUSIEK
Om die Internasionale Biblioteek van Afrikamusiek (ILAM as gevolg van die Ingelse naam: International Library of African Music) ) op die kampus van Rhodes Universiteit in Makhanda (voorheen Grahamstad), binne te stap, is soos om ‘n klankportaal na ‘n kontinent se siel te betree. Hierdie argief, effens weggesteek op die Rhodes kampus, is meer as …