OM DIE GROOTVOETE TE ROEP

Binne minute nadat sy aanbieding begin, maak Franco Schoeman dit tong in die kies duidelik, hy is ‘n musikant wat ‘n “wannabe” natuurbewaarder is. Wat hy nie dadelik byvoeg nie, is dat sy musiekstudies met infraklank nie net vir hom ‘n M Mus by WITS verwerf het nie, maar dat die eindproduk van sy nuuskierigheid …

‘N ROETE VOL GESKIEDENIS, FORTE, MONUMENTE, BERGPASSE EN AVONTURE TOT IN DIE GRAMMADOELAS

RONDRITS KOORS Die rondrits koors het my onlangs beetgepak toe ek instinktief besluit het om ‘n vinnige wegbreek uitstappie na die skone lower groenblou berge van die Oos-Kaapse aan te pak.  My roete het nogal baie interessante en geskiedkundige monumente asook pragtige natuureservate opgelewer. Dié daglange rit het nietemin ook interessante oomblikke opgelewer. Een daarvan …

WITSAND IN DIE KALAHARI: WAAR DIE STILTE VERBREEK WORD DEUR DIE GEBRUL VAN SAND

Wanneer Augustus aanbreek en almal in Gauteng skielik blomme wil gaan kyk in Namakwaland en jy so bietjie opsien teen die N14 wat vir ewig en so ‘n halwe dag aanhou tot jy Springbok bereik, stop vir ‘n slag by Witsand. Nee, nie die een by die see nie, maar die Witsand Kalahari Natuur Reservaat. …

GEURE, KLEURE EN VERKEERSKNOPE IN DIE MIDDEL VAN DIE HEELAL

Dit is nie aldag dat verkeersknope in Bathurst, daardie dorpie wat deur sy inwoners gereken word as die middelpunt van die heelal te wees, voor kom nie. Veral nie oor naweke nie.  Maar rondom die naweek van 9 en 10 Augustus, wanneer die winter so amper wil groet tot volgende jaar, maar die lente wil …

TOER MET VERWONDERING DEUR DIE BAVIAANSRIVIER VALLEI – “DIE BEDFORD BAVIAANS” EN DRAF DIE KATBERGPAS KAF

Dikwels, sommer sò op die ingewing van die oomblik, besluit jy om net vir die liefde daarvan die wye wêreld in te vaar. Dit alles net om nuwe avonture te ervaar. Die inherente brandende “wanderlust” in jou vat behoorlik vlam en veral wanneer jy van iets interessant te hore te kom waarvan jy voorheen nie …

OMKEERHALTES OP ‘N SPOORTRAJAK IN DIE HART VAN DIE OOS-KAAPSE HOOGLANDE EN BALJAAR PLEK VIR DIE ADRENALIEN AVONTURIER

Toe Nou Diep in die hart van die Oos-Kaapse Drakensberg, geleë in die spreekwoordelike grammadoelas, vind jy die vrugbare landboustreek, Wartrail en New England. My gewaarwording van hierdie streek herinner my onwilllekeuring aan die Skotse Hooglande en die Switserse Alpe. Dit is bloot omdat dié streek sò afgeleë, ongerep en betowerend is. Gevul met unieke …

JOUBERTSPAS – POORT NA “HEMEL OP AARDE”

Vir die meeste van ons is ‘n rit op ‘n bergpas soms ‘n skrikwekkende ervaring wat by tye vele uitdagings inhou. Dit hou ook groot risikos in, veral as jy nie behoorlike navorsing oor die rit na jou bestemming gedoen het nie, of boonop nie oor die nodige bestuursvaardighede beskik nie. Sò ‘n rit kan …

‘N STUKKIE MOERDIJK OP ‘N KOPPIE ALLEEN

Op 4 Maart 1890 is Gerard Leendert Pieter Moerdijk op die plaas Zwaershoek in die Nylstroom-distrik in vandag se Limpopo Provinsie gebore. ‘n Man wat later jare groot en belangrike spore sou los in die argitektuur van Suid-Afrika.  Sy nalatenskap sluit meer as 80 kerke, monumente en hospitale in. Een van sy onbekendste werke staan …