
Dikwels, sommer sò op die ingewing van die oomblik, besluit jy om net vir die liefde daarvan die wye wêreld in te vaar. Dit alles net om nuwe avonture te ervaar. Die inherente brandende “wanderlust” in jou vat behoorlik vlam en veral wanneer jy van iets interessant te hore te kom waarvan jy voorheen nie bewus van was nie. Die nuuskierigheid om te wil weet, en die avontuurlustigheid, moet so gou as moontlik uit jou sisteem kom anders sal daar geen siele rus wees nie. Al jou sintuie moet eers deur die vervulde ervaring gestimuleer word alvorens jy tot ruste kom. Maar dan lees jy onbewustelik of bewustelik, iets interessant raak, hoor, òf sien iets op televisie wat jou so prikkel dat dit onverwyld vra vir verkenning.
Sò het dit dan ook by die aanhoor van ‘n wegsteek treintonnel in ‘n minder bekende deel van die Oos-Kaap gebeur. Ek moes dadelik weet waar hierdie baie interessante tonnel geleë is. Navorsing het my gelei na die pragtige dorpie Bedford of Nyarha en omgewing. Daarvandaan het dit my in staat gestel om uitgebreide verkenning te doen in die soeke na die treintonnel. Min het ek geweet wat op my sou wag. Vele sorglose avonture, party daarvan spreekwoordelik in die grammadoelas, sou volg. In my agterkop het die naam van die Katbergpas gemaal.
Ek wou nog altyd dié pas verken, maar die geleentheid was nooit daar nie. Maar in April 2023 het die geleentheid hom voorgedoen. Ons het op ‘n gasteplaas aan die voete van die De Waalspas in die Winterberge vir ‘n paar dae nesgeskop. Hiervandaan kon ek die Katbergpas aandurf. Tot my terleurstelling het navorsing my laat verstaan dat die pas nie toeganklik is weens die onbegaanbaarheid daarvan.



Maar vir eers terug na my soektogte en wedervaringe. Bedford is aan die voet van die Kaggaberg teen die suidelike hange van die Winterbergreeks langs ‘n smal strook soet gras tussen Fort Beaufort en Somerset Oos geleë. Om meer oor hierdie pragtige dorp waar die jaarlikse Bedford tuinfees plaasvind, te wete te kom, kliek op die skakels hiernaas.
https://southafrica.net/gl/en/travel/article/preserved-in-time-bedford-eastern-cape.
“Bedford Baviaans”
Een van die vele hoogtepunte in die soeke na nuwe avonture, was loshande die “Bedford Baviaans” Om hier te kon uitkom volg ek die R67 via Port Alfred, Bathurst na Makhanda. Sowat 16km buite Makhanda onderweg na Bedford (terloops nie sommer ‘n roete om te neem nie weens die swak toestand daarvan) draai ‘n grondpad uit die R344. Ongelukkig is die padaanwysers erg verwaarloos en is die name skaars sigbaar. Die sowat 70km grondpad het jare gelede as ‘n verbindingspad na Adelaide gedien. Die eerste sowat 30km was in ‘n goeie toestand, maar wat daar na gevolg het was net pret. Khaki (my getroue Land Rover Defender) het rustig en moeite vry verby talle wildsplase “gedraf”. Ek verwonder my aan die natuurskoon met sy verskeidenheid gras-, boom- en plantsoorte. Die talle driwwe en stroompies maak die rit nog meer interessant. Die roete het talle ongelooflike fotogeleethede opgelewer.



Ek ry deur Adelaide op pad na Bedford. In Bedford volg ek die roete na Cradock en so 10km buite die dorp neem ek die R63 afdraaipad na Tarkastad. Onthou om met rustigheid deur Adelaide en Bedford te ry want hierdie dorpies het net sòveel interessanthede om te ervaar. Met die afdraai op die grondpad is ek betower deur die pragtige natuurskoon van wat bekend staan as die “Bedford Baviaans”. Hierdie bewaringsgebied is net meer as 180 000ha groot.


Min het ek geweet hoeveel verrassings en avonture op my sou wag. Ek gaan op die gasteplaas Avondale vir ‘n paar dae tuis omdat ek hiervandaan al my verkenning kon doen. ‘n Interssantheid van hierdie plaas, wat al vir vyf geslagte in die Marais familie is, is dat die eerste melkery in die land hier aangetref word. Die stal wat in verblyf omskep is, het nasionale gedenkwaardigheid status. Kliek op die skakel hiernaas vir meer inligting oor die omgewing. https://mtbroutes.co.za/featured/the-bedford-baviaans/



Kerke
Op hierdie roete is daar ‘n paar baie interessante kerke om van kennis te neem. Daar is twee wat ek graag hier wil noem. Die eerste een is die Glen Lynden: Unieke Skotse Presbiteriaanse / Nederduits Gereformeerde Kerk: Die ander een is die gedenkkerk van die Skotse Setlaarsgroep in die Baviaansrivier vallei. GPS: 32.534959 Suid & 25.995425 Oos.
Die Glen Lynden: Unieke Skotse Presbiteriaanse / Nederduits Gereformeerde Kerk






Die Gedenkkerk van die Skotse Setlaarsgroep in die Baviaansrivier vallei



Kliek gerus op die skakels hieronder om meer oor hierdie pragtige kerk te lees, asook die ontstaan van ander kerke in die omgewing.
https://www.bedford.co.za/listing/glen-lynden-churches.
https://af.wikipedia.org/wiki/NG_gemeente_Glen_Lynden.
https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-glen-lynden/
https://www.karooheartland.com
Slagtersnek Rebellie -Graf en grot van Johannes Bezuidenhout
Die verhaal van die Slagtersnek Rebellie is een van daardie gebeure is ons geskiedenis wat opgeteken staan as ‘n waterskeidings oomblik in die Afrikaner geskiedenis en word voorgehou as een van die redes vir die ontstaan van die Groot Trek. Kliek gerus op die ondergenoemde skakels om meer oor die rebellie te lees en hoe Johannes Bezuidenhout hierby betrek is.


https://en.wikipedia.org/wiki/CF_Bezuidenhout
Skoenlappers en insekte
Vir diegene van ons wat ‘n belangstelling in die fynere gediertes van die natuur het en veral belangstel in spesifiek skoenlappers en insekte, maak gerus ‘n draai by Ernst Pringle op sy plaas Huntley Glen. Hy beskik waarskynlik oor een van die grootste private versamelings van skoenlappers in die land en is ‘n bobaas kenner op dié gebied. Die onderstaande skakels sal jou veel meer oor hierdie luisteryke natuurliefhebber vertel. Onthou om hom voor die tyd te kontak en ‘n afspraak te maak sou jy daarheen wil reis.


https://ivormarkman.wixsite.com/bedford-garden-fest/ernest-pringle
Tarkastad
Die pad deur die Baviaans Vallei kronkel deur ‘n skilderagtige landskap met interessante rotsformasies, en ook ’n verskeidenheid van plantsoorte en bome. Die grondpad is in ‘n redelike groeie toestand, hoewel ’n voertuig met ’n hoë grondvryehoogte aanbeveel word. Tarkastad is geleë aan die noordelike hange van die indrukwekkende Winterbergreeks tussen Cradock en Komani. Wanneer jy hierdie rustige Karoo dorpie in ry, tref die vele interessante historiese huise en geboue jou. ‘n Oorlogs-gedenkteken in die sentrale deel van die dorp tref skielik jou andag. Die Elandsrivier Poort, ‘n baie mooi bergpas sowat 24 km buite Tarkastad, is ‘n rit werd. Die Slag van Elandsrivier het in 1901 tydens die Anglo-Boere-oorlog hier plaasgevind. Die omliggende heuwels en talle plase verleen aan Tarkastad sy werklike bekoring. Net buite die dorp troon twee interessante heuwels genaamd Martha en Mary,uit. Besoek gerus die onderstaande skakels om meer oor hierdie interessante dorp te lees.



https://en.wikipedia.org/wiki/Tarkastad
https://www.eastern-cape-info.co.za/provinces/town/600/tarkastad https://www.sahistory.org.za/place/tarkastad-eastern-capehttps://www.mountainpassessouthafrica.co.za/tags/473.html
https://www.savenues.com/destinations/easterncape/tarkastad/attractions
https://www.capemountainpasses.co.za/find-a-pass/eastern-cape/1475-rasfonteinpoort-r61.html
De Waalskloofpas en Katbergpas
My verblyf op ’n gasteplaas aan die voetenend van die De Waalskloofpas maak dit op ’n mooi dag vir my moonlik om op die ingewing van die oomblik die Katbergpas aan te durf. Die natuurskoon in die Katberg- en Winterbergreeks is verstommend en bied talle fotogeleenthede. Dit is raadsaam om die weer dop te hou indien jy die pas wil ry. Weerstoestande verander in ‘n oogwink wat jou rit in ’n nagmerrie kan verander. Op die kruin van die pas het onweerswolke skielik saam gepak met ‘n gepaardgaand stormwind. My bestuursvaardigheid is tot die uiterste beproef maar ek kon my mede-passasiers veilig by die onderpunt tot by die Katberg Golflandgoed bring. Hiervandaan volg ek die R67na Fort Beaufort en draai af op die Blinkwater pad na die Mpofu natuurreservaat om weer aansluiting by die pad tussen Post Retief en Adelaide te vind. My raad is nie om die pas op jou eie aan te durf nie. Jy kan vining in die moeilikheid beland en hulp kan dalk eers baie laat opdaag. Die skakels hier onder bevat interessante inligting oor die twee passe. Vir die viertrek-avonturiërs is Katbergpas beslis ‘n moet op hul lysie van passe om af te merk.



https://www.mountainpassessouthafrica.co.za/find-a-pass/eastern-cape/1358-dewaalskloof-pass.html
https://www.mountainpassessouthafrica.co.za/find-a-pass/eastern-cape/190-katberg-pass-r351.html
https://en.wikipedia.org/wiki/Katberg_Pass
https://www.sa-venues.com/attractionsec/katberg-pass.php
Treintonnel
Na ‘n deeglike en baie interessante soegtog wat vele verrassings opgelewer het, is die Dassiedeur treintonnel eindelaas gevind en my nuuskierigheid was iets van die verlede. (Sien ‘n vorige artikel daaroor)



