TOER MET VERWONDERING DEUR DIE BAVIAANSRIVIER VALLEI – “DIE BEDFORD BAVIAANS” EN DRAF DIE KATBERGPAS KAF
Dikwels, sommer sò op die ingewing van die oomblik, besluit jy om net vir die liefde daarvan die wye wêreld in te vaar. Dit alles net om nuwe avonture te ervaar. Die inherente brandende “wanderlust” in jou vat behoorlik vlam en veral wanneer jy van iets interessant te hore te kom waarvan jy voorheen nie …