WITSAND IN DIE KALAHARI: WAAR DIE STILTE VERBREEK WORD DEUR DIE GEBRUL VAN SAND

Wanneer Augustus aanbreek en almal in Gauteng skielik blomme wil gaan kyk in Namakwaland en jy so bietjie opsien teen die N14 wat vir ewig en so ‘n halwe dag aanhou tot jy Springbok bereik, stop vir ‘n slag by Witsand. Nee, nie die een by die see nie, maar die Witsand Kalahari Natuur Reservaat. …