‘N ROETE VOL GESKIEDENIS, FORTE, MONUMENTE, BERGPASSE EN AVONTURE TOT IN DIE GRAMMADOELAS

RONDRITS KOORS Die rondrits koors het my onlangs beetgepak toe ek instinktief besluit het om ‘n vinnige wegbreek uitstappie na die skone lower groenblou berge van die Oos-Kaapse aan te pak.  My roete het nogal baie interessante en geskiedkundige monumente asook pragtige natuureservate opgelewer. Dié daglange rit het nietemin ook interessante oomblikke opgelewer. Een daarvan …

TOER MET VERWONDERING DEUR DIE BAVIAANSRIVIER VALLEI – “DIE BEDFORD BAVIAANS” EN DRAF DIE KATBERGPAS KAF

Dikwels, sommer sò op die ingewing van die oomblik, besluit jy om net vir die liefde daarvan die wye wêreld in te vaar. Dit alles net om nuwe avonture te ervaar. Die inherente brandende “wanderlust” in jou vat behoorlik vlam en veral wanneer jy van iets interessant te hore te kom waarvan jy voorheen nie …

OMKEERHALTES OP ‘N SPOORTRAJAK IN DIE HART VAN DIE OOS-KAAPSE HOOGLANDE EN BALJAAR PLEK VIR DIE ADRENALIEN AVONTURIER

Toe Nou Diep in die hart van die Oos-Kaapse Drakensberg, geleë in die spreekwoordelike grammadoelas, vind jy die vrugbare landboustreek, Wartrail en New England. My gewaarwording van hierdie streek herinner my onwilllekeuring aan die Skotse Hooglande en die Switserse Alpe. Dit is bloot omdat dié streek sò afgeleë, ongerep en betowerend is. Gevul met unieke …

JOUBERTSPAS – POORT NA “HEMEL OP AARDE”

Vir die meeste van ons is ‘n rit op ‘n bergpas soms ‘n skrikwekkende ervaring wat by tye vele uitdagings inhou. Dit hou ook groot risikos in, veral as jy nie behoorlike navorsing oor die rit na jou bestemming gedoen het nie, of boonop nie oor die nodige bestuursvaardighede beskik nie. Sò ‘n rit kan …

JUWELE IN DIE OOS-KAAPSE HOOGLANDE: RHODES, NAUDESNEKPAS EN BARKLYPAS

Die aanjaag van ‘n trop skape is ‘n algemene gesig op paaie in die Oos-Kaapse Hooglande.Wees geduldig, versigtig en heelaas vriendelik met die werkers wat met groot sorg na boere in die gebied se skape omsien. Die bergkoninkryk van Lesotho is alom bekend vir sy indrukwekkende Malutibergreeks en word deur menige avonturiërs en reisigers in …

‘N VERGETE TREINSTASIE EN ERVARINGSVOLLE GRONDPAD

Die bekoring en nostalgie om per trein deur ons land met sy wegslaan natuurskoon te toer, bly nou maar eenmaal ‘n belewenis en ervaring om van te droom. Dit is dan ook nie vreemd dat vele sangers hierdie ritte en veral ritte deur die Karoo, sò hartstogtelik besing nie. Die klanke van n trein wat …

Boland toe oor berge, passe en poorte

‘n Vinnige heen en weer reis na die pragtige Bolandse dorp Wellington, het my opnuut weer met blywende indrukke gelaat, en ou herinneringe teruggebring. Op die koop toe, is ‘n aantal nuwe ontdekkings ook gemaak.             Die doel van hierdie  blits besoek was om uitvoering te gee aan “Operasie Olielek”. ’n Lastige  olielek het meegebring …

STRANDVERRASSINGS

Om ‘n drentelstappie kuslangs aan te durf bly ‘n verfrissende ondervinding, wat ook soms vele verrassings inhou. Veral wanneer jy dit die minste verwag. Onlangs het sò ‘n verrassing aan die Oos-Kaapse kus afgespeel toe duisende eienaardige blouerige jellievisse op strande uitgespoel het. Daar is berig dat honderde  jellievisse oral aan die Oos-Kaapse kus uitgespoel het. ‘n …

Kuspad deur melkplase

Deur Charl de Klerk Om die stofpaaie van die uitgestrekte Oos-Kaap aan te durf, bly nou maar eenmaal ‘n groot lekkerte en ‘n opwindende avontuur. Meer nòg, en veral wanneer die stofpad kuslangs strek. Een sò ‘n pad, is die grondpad kuslangs deur ‘n paar van ons land se voorste melkplase. Maar dit is nie …

DASSIEDEUR-TREINTONNEL – N VERRASSING IN DIE HEUWELS VAN DIE UITGESTREKTE OOS-KAAP KAROOLANDSKAP

Charl de Klerk- 17 April 2023 Die uitgestrekte Oos-Kaap bly maar eenmaal ‘n landstreek om sleepvoet, rustig, en met lekkerkry te ontdek. Hiervoor benodig die toeris, reisiger of avonturiër, genoeg tyd om alles te sien, te waardeer, en te ervaar. Met soveel pragtige Karoolandskappe, ongerepte kusgebiede en strande, nasionale- en provinsiale parke, privaat natuurreservate, bergreekse, …