WELLINGTON – HARTKLOP VAN DIE BOLAND

‘n Potpourrie van kleur en geure uit die kraakvars vrugbare landbougrond, soet reuk van druiwe, vrugteboorde en veldblomme, spoel uit alle windrigtings en begroet die besoeker in die hoofstad van die Boland, Wellington. Diè sprokiesmooi dorp, geseënd met ‘n ryk Franse Hugenote en Kaap-Hollandse karakter en kultuur, is skaars ‘n honderd kilometer vanaf Kaapstad geleë. …

SIMONSTAD-OMGEWING: WANNEER MEER MENSE NA PIKKEWYNE OP DIE STRAND KYK AS NA SWEMKLERE, EN WAAR DIE LEGENDE VAN DIE VLIEËNDE HOLLANDER ‘N KAAPSE DRAAI MAAK

So kry ons word dat die Suid-Afrikaanse familielid en haar Amerikaner Kaapstad toe kom vir ‘n paar dae, en of ons dalk die pad sal aanpak Kaapstad toe uit die metropool van Bathurst om hulle te ontmoet en so bietjie te kuier. So gevra en so gedaan. In Kaapstad gekom het hulle reeds Tafelberg en die …