LUI LEKKER LEWE IN RIO DE JANEIRO, STAD VAN PASSIE, POLSENDE SAMBA RITME EN KRISTAL HELDER NATUURSKOON

Die diep blou koue water van die Atlantiese Oseaan, indrukwekkende rondvormige granietberge, uitgestrekte wit strande, pragtige helder groen stedelike woude, en warm gasvryheid van die inwoners van Rio de Janeiro, begroet die toeris met ‘n eerste kennismaking. My Tango deur Suid-Amerikatoer kom in Rio de Janeiro tot ‘n einde. Ons het drie dae om die …

DIE IGUAZU WATERVALLE: ‘N SKOUSPELAGTIGE SIMFONIE VAN BRUISENDE WATER IN KLANK, GEUR EN KLEUR

In my omswerwinge het ek die geleentheid gehad om verskeie watervalle te kon besoek. Op my lysie was die Epupa-waterval, Ruacanna-waterval en die Popa-watervalle in Namibië. Die Victoria-waterval in Zimbabwe. Die Augrabies-waterval en Tugela-waterval in Suid-Afrika, en natuurlik ook die Maletsunyane-waterval in Lesotho. Elkeen uniek met sy eie mooi. Dog, is nie een van hierdie …

COLONIA DEL SACRAMENTO: VAN ‘N BESKEIE KUS NEDERSETTING, GEBEITEL UIT KONFLIK EN IDEALISME, TOT ‘N JUWEEL TOERISTEBESTEMMING

Om op vreemde grond voet aanwal te sit, en dan in die voetspore van vervloeë ontdekkingsreisigers, seevaders en krygshere te wandel, is ‘n sintuiglike ervaring wat ‘n wavrag emosies by die besoeker aanwakker. Die besef dat hierdie mense sovéel uitdagende ontberings op see en land moes trotseer om tot hier te kom, laat jou klein …

BUENOS AIRES – STAD VAN ELEGANSIE, ARGITEKTUUR, SJARME EN ROMANTIEK

Die vreemdheid van die omgewing, die gedruis van massa mense, die gekwetter van ‘n mengelmoes vreemde tale, verg nogal baie selfdissipline om jou weg op ‘n lughawe by aankoms te vind. Ek is goed voorbereid vir dit wat in Newbery-lughawe op my wag. Met die navorsing wat ek gedoen het, is ek goed georiënteerd en …

SÃO PAULO: VAN ‘N NEDERIGE GEHUGGIE TOT ’N MODERNE WÊRELDSTAD

‘n Tyd gelede kom ek op ‘n baie interessante artikel in ‘n Turkse dagblad af. Die artikel handel oor ‘n uitstalling in Istanbul wat die eeu oue reiservarings van die toentertydse Ottomanreisigers uitbeeld. Wat my met die lees van die artikel getref het, was die benadering wat hulle volg deur die gebruik van die konsep …

‘N REISAVONTUUR DEUR SUID-AMERIKA – AKA TANGO EN SAMBA

Vasgenael sit ek voor die rekenaar. Met rollende uitpeul-oë verken ek angstig ‘n wavrag reiswebblaaie, soekend na ‘n interessante reisavontuur. Nie dat toer nou juis op my reis horison was nie, En dan, karklaps, net daar, vang my oog die regte een – “Tango deur Suid-Amerika Maart 2026”.  Met ‘n onblusbare aptyt om die anderste, …