DIE DONKIE IS STEEDS ‘N WONDERLIKE EN DANKBARE DING OOM CHRIS.

As jy en jou toerwa toevallig die grondpad vanaf Bathurst na Kleinemonde in die Oos-Kaap tref tydens jou sloertoer gaan jy verby twee werkwaardige plekke ry. Die een is die St Stephen’s Metodiste kerk (https://maps.app.goo.gl/z494sHxA4uUcZV9D7) , wat ‘n stop werd is, maar ook in die omgewing van die kerkie gaan jy die tuiste van “Blind …

OM DIE GROOTVOETE TE ROEP

Binne minute nadat sy aanbieding begin, maak Franco Schoeman dit tong in die kies duidelik, hy is ‘n musikant wat ‘n “wannabe” natuurbewaarder is. Wat hy nie dadelik byvoeg nie, is dat sy musiekstudies met infraklank nie net vir hom ‘n M Mus by WITS verwerf het nie, maar dat die eindproduk van sy nuuskierigheid …

‘N ROETE VOL GESKIEDENIS, FORTE, MONUMENTE, BERGPASSE EN AVONTURE TOT IN DIE GRAMMADOELAS

RONDRITS KOORS Die rondrits koors het my onlangs beetgepak toe ek instinktief besluit het om ‘n vinnige wegbreek uitstappie na die skone lower groenblou berge van die Oos-Kaapse aan te pak.  My roete het nogal baie interessante en geskiedkundige monumente asook pragtige natuureservate opgelewer. Dié daglange rit het nietemin ook interessante oomblikke opgelewer. Een daarvan …

GEURE, KLEURE EN VERKEERSKNOPE IN DIE MIDDEL VAN DIE HEELAL

Dit is nie aldag dat verkeersknope in Bathurst, daardie dorpie wat deur sy inwoners gereken word as die middelpunt van die heelal te wees, voor kom nie. Veral nie oor naweke nie.  Maar rondom die naweek van 9 en 10 Augustus, wanneer die winter so amper wil groet tot volgende jaar, maar die lente wil …

OM ‘N 2-STROKE TE DRINK, ‘N 6-PONDER TE HOOR EN DIE YSTERSMID SE VUUR TE RUIK

Wanneer die geur van vars gebroude koffie en die gehamer van ’n ystersmid jou vroegoggend by die hekke van die Bathurst-landboumuseum verwelkom, dan weet jy, jy en die familie is betyds vir die Bathurst-plaasfees wat elke jaar hier rondom  27 April aangebied word. Begin maar met ’n goeie koppie koffie, want John en Natsaha Yasbek …