PORT ALFRED SE GROOT VISRIVIER LIGTORING

‘n Katspoeg noord buite Port Alfred, naby die monding van die Visrivier, staan die Groot Visrivier ligtoring. ‘n Historiese en skilderagtige landmerk wat sedert 1898 seevaarders beskerm teen die verraderlike oos-kus van Suid Afrika.
Hoewel goedkeuring vir die bou van die ligtoring reeds in 1890 deur die Kaapse Koloniale Regering gegee is, is dit eers op 1 Julie 1898, na baie vertragings, in gebruik geneem. Die kusgebied rondom Port Alfred is deur die eeue berug vir die verraderlike riwwe en sandbanke en die talle skeepswrakke is stille getuienis van die behoefte vir die ligtoring.