DIE BATHURST-MEENTGROND: ‘N GEDEELDE LANDSKAP VAN GESKIEDENIS, EKOLOGIE EN LEWENSONDERHOUD

Wanneer jy die laaste hek van die Bathurst meentgrond (commonage in Engels) agter jou toetrek gaan jy onwillekeuring die Jopie Adam temalied “Neem my saam” so onderlangs neurie terwyl jy jou toerwa se neus in die rigting druk van die Pig and Whistle in Bathurst om keel te gaan natmaak en ‘n ou ietsie te …