LUI LEKKER LEWE IN RIO DE JANEIRO, STAD VAN PASSIE, POLSENDE SAMBA RITME EN KRISTAL HELDER NATUURSKOON

Die diep blou koue water van die Atlantiese Oseaan, indrukwekkende rondvormige granietberge, uitgestrekte wit strande, pragtige helder groen stedelike woude, en warm gasvryheid van die inwoners van Rio de Janeiro, begroet die toeris met ‘n eerste kennismaking. My Tango deur Suid-Amerikatoer kom in Rio de Janeiro tot ‘n einde. Ons het drie dae om die …

DIE IGUAZU WATERVALLE: ‘N SKOUSPELAGTIGE SIMFONIE VAN BRUISENDE WATER IN KLANK, GEUR EN KLEUR

In my omswerwinge het ek die geleentheid gehad om verskeie watervalle te kon besoek. Op my lysie was die Epupa-waterval, Ruacanna-waterval en die Popa-watervalle in Namibië. Die Victoria-waterval in Zimbabwe. Die Augrabies-waterval en Tugela-waterval in Suid-Afrika, en natuurlik ook die Maletsunyane-waterval in Lesotho. Elkeen uniek met sy eie mooi. Dog, is nie een van hierdie …

‘N REISAVONTUUR DEUR SUID-AMERIKA – AKA TANGO EN SAMBA

Vasgenael sit ek voor die rekenaar. Met rollende uitpeul-oë verken ek angstig ‘n wavrag reiswebblaaie, soekend na ‘n interessante reisavontuur. Nie dat toer nou juis op my reis horison was nie, En dan, karklaps, net daar, vang my oog die regte een – “Tango deur Suid-Amerika Maart 2026”.  Met ‘n onblusbare aptyt om die anderste, …