Die brandende begeerte onder inwoners van ‘n afgeleë boerderygemeenskap, bestaande uit ‘n mengsel van verskillende kulture, gelowe en taal, het die weggebaan om ‘n kerk vir alle gelowiges, diep in die Baviaansrivier-wildernisgebied, tussen die lowergroen bergvalleie van omliggende berge te bou. Die Glen Lynden-kerke is een van die mees noemenswaardige historiese bakens in die Oos-Kaap. …