WELLINGTON – HARTKLOP VAN DIE BOLAND
‘n Potpourrie van kleur en geure uit die kraakvars vrugbare landbougrond, soet reuk van druiwe, vrugteboorde en veldblomme, spoel uit alle windrigtings en begroet die besoeker in die hoofstad van die Boland, Wellington. Diè sprokiesmooi dorp, geseënd met ‘n ryk Franse Hugenote en Kaap-Hollandse karakter en kultuur, is skaars ‘n honderd kilometer vanaf Kaapstad geleë. …