DIE St. JOHN EVANGELIST ANGLIKAANSE KERK, ANKER VAN HOOP EN GELOOF IN DIE WINTERBERG

My Albanie Karmino toer neem my na interessante bestemmings diep in die Winterbergreeks waar ek vergange forte uit die tydperk van die Oos-Kaapse grensoorloë en natuurreservate besoek. Dié toer het ‘n interessante kinkel met ‘n onbeplande 4X4 rit oor die skilderagtige Katbergpas en die De Waalskloofpas in die omgewing van die Katberg- en Amathole-berge. Ek …

GLEN LYNDEN – KERK, WAAR TAAL, KULTUUR EN GELOOF IN ‘N GEMEENSKAP VAN GELOWIGES ONTVOU HET

Die Albanie Karmino werp ‘n blik op kerke wat tot stand gekom het, met die aankoms van die Britse Setlaars in 1820 na die Oos-Kaap. Wat die Glen Lynden-kerk aanbetref, het ‘n brandende begeerte onder inwoners van ‘n afgeleë boerderygemeenskap, bestaande uit ‘n mengsel van verskillende kulture, gelowe en taal, die weg gebaan om ‘n …

WELLINGTON – HARTKLOP VAN DIE BOLAND

‘n Potpourrie van kleur en geure uit die kraakvars vrugbare landbougrond, soet reuk van druiwe, vrugteboorde en veldblomme, spoel uit alle windrigtings en begroet die besoeker in die hoofstad van die Boland, Wellington. Diè sprokiesmooi dorp, geseënd met ‘n ryk Franse Hugenote en Kaap-Hollandse karakter en kultuur, is skaars ‘n honderd kilometer vanaf Kaapstad geleë. …